Die Vrystaat het weereens sy plek as die beste presterende provinsie in Suid-Afrika met die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae bevestig.
Die provinsie het ’n slaagsyfer van 91% behaal, wat ‘n verbetering is op die 89% van 2023.
Volgens IOL het KwaZulu-Natal tweede geëindig met 89.5%, gevolg deur Gauteng met 88.4%.
Alle provinsies het meer as 84% behaal, wat tot ‘n nasionale slaagsyfer van 87.3% bygedra het – die hoogste nog ooit. Die 2024-uitslae het ook die meeste graadkursuskwalifiseerders ooit opgelewer.
Die Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, het die klas van 2024 geloof vir hul harde werk en uitnemendheid, wat die Vrystaat se leiersposisie in Suid-Afrikaanse onderwys versterk het.