Die Vrystaat Cheetahs se oorwinning teenoor die Pumas bittersoet nadat twee Vrystaat Rugby Unie werkers sterf

 Die Vrystaat Cheetahs se oorwinning teenoor die Pumas bittersoet nadat twee Vrystaat Rugby Unie werkers sterf

Die Vrystaat Cheetahs se oorwinning teenoor die Pumas Saterdag was bittersoet toe twee Vrystaat Rugby Unie werkers Saterdagaand in ‘n botsing na die wedstryd sterf.

Netwerk24 berig dat ‘n derde persoon kritiek beseer is toe ‘n BMW teen die taxi, waarin hulle op pad huistoe was, vasgejaag het.

Die uitvoerende direkteur van die Vrystaat Cheetahs het gesê dit was ‘n groot skok gewees en dat dit baie slegte nuus is vir Vrystaat-rugby.

Randy September, skakelbeampte van die VRU sê die name van die werkers sal bekend gemaak word nadat al hulle familie in kennis gestel is van hulle dood.

LeandreAdmin@