Die Vrystaat-Cheetahs se raad van direkteure beplan om vandag te vergader oor die pad vorentoe

Die Vrystaat-Cheetahs se raad van direkteure beplan om vandag te vergader oor die pad vorentoe nadat die unie se Pro14-status gister opgehef is.

Die unie sê in ‘n verklaring hy het die keuse om SA Rugby se besluit te aanvaar of hof toe te gaan.

Die nasionale liggaam het Woensdag beslis dat die Stormers, die Bulls, die Sharks en die Lions Suid-Afrika se verteenwoordigers gaan wees in ‘n vergrote Pro16-kompetisie nadat die Cheetahs en die Southern Kings daaraan deelgeneem het nadat hulle uit Superrugby gelaat is.

Luister na potgooie hieronder