As dit nie binnekort reën nie, sal die droogte graan- en vleispryse beïnvloed.
Alhoewel die ergste van die droogtekrisis in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat met laat Desember reën afgeweer is, is die res van die Vrystaat en die Noord-Kaap bekommerd.
Volgens Maroela Media is hulle bekommerd dat die droogte bitter min weiding vir hul vee kan verseker.
Landbou-ekonoom, Prof. Johan Willemse, waarsku dat as dit nie in die volgende 10 dae reën in die res van die Vrystaat en die Noord-Kaap nie, sal daar nie genoeg weiding wees om kuddes deur die winter te dra nie.
Die boere sal nie anders kan as om hul kuddes uit te dun nie.