Die Vrystaat het by Gauteng aangesluit om die verkoop van kos en versnaperinge binne en buite die skoolterrein te verbied. Die provinsie het meer as 100 gevalle van voedselvergiftiging by drie skole aangeteken.
LEES MEER: Departement ondersoek gevalle van voedselvergiftiging
Meer as 40 leerders van ‘n Mangaung-skool is vroeër die week in die hospitaal opgeneem nadat hulle na bewering items geëet het wat by plaaslike winkels en smouse gekoop is.
Die provinsiale departemente werk saam om die bron van die vergiftiging te identifiseer.
1 Comment
Comments are closed.