Die Vrystaatse onderwysdepartement sê hulle is opgewonde oor die amptelike aankondiging van die finale matriekeksamenuitslae vir die klas van 2024.
SABC News berig die Vrystaat was vir die vorige vyf jaar nommer een in die land, met die klas van 2023 wat daarin geslaag het om ‘n 89% slaagsyfer te behaal. Woordvoerder Howard Ndaba sê die departement het alles in sy vermoë gedoen om die leerders en onderwysers te ondersteun.
Intussen het onderwyskundiges gewaarsku om nie die klas van 2024 met dié van vorige jare te vergelyk nie, en sê hulle het almal verskillende op- en afdraandes ervaar.
Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding sal na verwagting die Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae voor die amptelike aankondiging deur die Minister van Basiese Onderwys, bekend maak.