Die Vrystaat behoort teen September volgende jaar 15 sonkrag-aangedrewe snel-herlaaistasies vir elektriese voertuie langs hoofweë in die provinsie te hê. Dit sal voertuie se batterye binne 20 minute kan herlaai. Netwerk 24 berig dit is deel van 120 herlaai-punte wat Zero Carbon Charge landwyd sowat 150 km uitmekaar langs hoofweë wil bou.

Bouwerk aan die eerste stasie het reeds in November verlede jaar langs die N12 by Wolmaransstad in Noordwes begin. Bouwerk aan die eerste herlaaipunt in die Vrystaat sal binne die volgende paar maande naby Aliwal-Noord in die munisipale gebied van Smithfield, Rouxille en Zastron begin. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×