Twee verdagtes uit die Vrystaat is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom en ’n onbekende hoeveelheid kontant wat in hul motor gevind is.

Volgens ’n polisieverslag is die verdagtes in die Thabo Mofutsanyana-distrik aangekeer tydens polisie-voertuigkontroles. ’n Rooi Mini Cooper met ’n Vrystaat registrasienommer is gestop.

Die bestuurder het probeer vlug, maar is aangekeer en teruggebring na die voertuig waar sy vriendin in die passasiersitplek was.

’n Deursoeking van die motor het twee swart sakke met byna 40 bankkaarte, meer as 30 strokies en ’n onbekende bedrag kontant aan die lig gebring.

Al die items is gekonfiskeer, en ’n saak van vermoedelik gesteelde eiendom word ondersoek.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×