Die Vrystaat se begroting vir die 2022-2023-geldjaar word met ‘n bedrag van R1,3-miljard aangepas en word sodoende van R40,9-miljard tot R42,3-miljard verhoog.

Netwerk24 berig Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir die provinsiale tesourie, het hierdie syfers gister ten tyde van ‘n aanvullende begrotingsvergadering in Bloemfontein bekend gemaak.

Nasionale en provinsiale aanpassings van onderskeidelik R1,2-miljard en R137,9-miljoen het hierdie aanpassing moontlik gemaak.

Gadija het gesê die fokus op nasionale vlak val op die herstel van dienslewering en die verbetering van ekonomiese groei.

Die Vrystaat se ekonomie sal na verwagting met slegs 1,2% in die 2022-geldjaar groei.

Die hoë werkloosheidsyfer van 34,1% bly steeds een van die grootste knelpunte in die provinsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×