Die Vrystaat se 2025/26-begrotingsrede is daarop gemik om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder.

Die LUR vir Finansies, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, Ketso Makume, het Woensdag dié begroting, wat altesaam R141,4 miljard oor die volgende drie jaar beloop, by die Vierde Raadsaal in Bloemfontein voorgelê.

Die begroting fokus op drie sleutel prioriteite naamlik inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping, die verligting van stygende lewenskoste en vermindering van armoede, en om ‘n bekwame, etiese ontwikkelingsgerigte staat te bou.

FS Online berig die Departement van Gesondheid is onder andere R3,9 miljard bewillig om gesondheidsorgdienste te verbeter, terwyl die Departement van Onderwys R1,8 miljard ontvang om skole, studente en spesiale behoefte-programme te ondersteun.

error: Inhoud is beskerm !!