Die Valke ondersoek ‘n saak waar spookwerkers in die departement van Vrystaatse departement van gesondheid betaal is. Die woordvoerder van die departement, Mondli Mvambi, het gesê vier beamptes van die departement is geskors na bewerings van die manipulering van stelsels en die aanstelling en die betaling van spookwerkers.
Drie van die beamptes werk in die departement menslike hulpbronne. Mvambi het gesê ‘n ondersoek word tans gedoen nadat drie spookwerkers geidentifiseer is wat aangestel is in poste vir mediese internskappe. Mvambi sê die ondersoek duur voort en nog amptenare kan geskors word.