Die Vrystaatse landboubedryf word deur droogte, diefstal, die gebrek aan ondersteuning van die regering en lae produk-pryse geteister.

Vrystaat Landbou (VL) het aan The Business Weekly gesê dit gaan nie goed in die bedryf nie. Volgens VL se uitvoerende hoof, Gernie Botha, het aardverwarming ‘n nadelige impak op die bedryf wat produksievermoë beïnvloed en die sakke van baie boere raak.

Hy sê 2024 het op ’n hoopvolle noot begin met belowende oestoestande, maar droogte het ongelukkig gou gevolg. Saam met die waterskaarste bly die verswakkende infrastruktuur – veral die swak toestand vanpaaie – ‘n kritieke bekommernis vir boere.

Botha sê ook die Vrystaat het die vierde hoogste aantal gevalle van veediefstal in die land, met 745 aangemelde gevalleen meer as 70 000 diere wat in ‘n drie-maande tydperk gesteel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×