Die Vrystaat het ‘n nuwe waarnemende departementshoof van openbare werke en infrastruktuur.

Tumelo Phalo se aanstelling volg op die skorsing van die departementshoof Mosa Masimene.

Volgens die kantoor van die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha Mathae, se plasing op sosiale media is Masimene na ‘n ondersoek deur die staatsdienskomissie geskors.

Tydens die ondersoek was die onreëlmatigeheid rondom die sekondering van Madillo Tshehle as waarnemende direkteur by die departement van menslike nedersettings onder die vergrootglas.

Intussens het die staatsdienskomissie die premier aanbeveel om dissiplinêre stappe teen Masemene neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×