Dit is al bykans die middel van die jaar en die Vrystaat se top twee matrikulante van 2024 het steeds geen duidelikheid wie van hulle studiebeurse en kontantpryse van die provinsiale regering gaan ontvang nie.
Netwerk24 berig dié twee studente sit dus nou sonder enige beurse, aangesien hulle nie die premiersbeurs kan ontvang indien hulle reeds ander beurse het nie.
Die Vrystaat se topmatrikulant, Susan Bender, en die naasbeste presteerder, Chris Goosen, moes intussen self planne maak om hulle universiteitsgelde te betaal.
Volgens Netwerk24 het hulle reeds herhaaldelik met die premierskantoor hieroor opgevolg, maar daar is steeds geen duidelikheid oor wanneer daar antwoorde sal wees nie.