Die Demokratiese Alliansie (DA) is diep bekommerd oor die verslegtende toestand van sleutelpaaie in die Vrystaat. Volgens die David van Vuuren – DA-lid van die komitee oor paaie en Vervoer, lei swak toestand van paaie tot ernstige gevolge vir plaaslike besighede en landbou.
Boere staar ongekende uitdagings in die gesig terwyl hulle sukkel om goedere doeltreffend te vervoer. Maar die impak strek verder as net die landbou. Nooddienste is ook nie in staat om hierdie paaie doeltreffend te gebruik nie, wat ‘n ernstige risiko vir openbare veiligheid inhou. In reaksie op hierdie dringende kwessies sal die DA aandring op ‘n vergadering met die departement van paaie en vervoer en landbou om ‘n duidelike plan van aksie daar te stel.