Die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings sal sowat R50 miljoen verbeur nadat hulle nie die fondse bestee het nie.

Volgens SABC News sal die geld nou na ‘n ander provinsie oorgeplaas word.

DA-lid van die provinsiale wetgewer, David van Vuuren, het aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings gesê die provinsie het tussen R500- en R600 miljoen in die afgelope vyf jaar verbeur.

Volgens komiteelede kan die provinsie nie aanhou om geld te verloor terwyl dienslewering vertraag word nie, en dus sal die komitee vandeesweek ‘n oorsigbesoek aan die Vrystaat bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×