Met die aanbreek van die nuwe jaar op 1 Januarie 2025, het die kraamafdelings van die Vrystaatse Departement van Gesondheid die geboorte van 24 babas geskat teen agtuur vanoggend.

Dit is vir hulle ‘n opwindende tyd wanneer ‘n baba gebore word, veral op Nuwejaarsdag, aangesien dit die geboorte van ‘n nuwe jaar en ‘n nuwe era simboliseer.

Die eerste baba wat in openbare gesondheidsinstellings in die Vrystaat gebore is, was om een minuut na twaalf by die Albert Nzula Distrik Hospitaal in Trompsburg.

Dit is toe Mev. Retshiditswe Lawerloot haar dogter verwelkom het.

Daarna, by die Pelonomi Tersiêre Hospitaal kraamafdeling, was die tweede baba van die dag gebore.

Mev. Puleng Sekonyela van Bloemfontein het haar dogter om tien oor twaalf verwelkom, en die derde baba was agt minute later by die Thusanong Distrik Hospitaal in Odendaalsrus gebore.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×