Die Vrystaat se onversadigde honger na meer sukses is tydens Vrydag se welgedaan funksie vir die 2024 Matrikulante duidelik gemaak.

Die funksie is by die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein gehou. Die LUR vir Onderwys, Mmiki Maboya het verskeie hoogtepunte uitgelig, onderanderede die 91% slaagsyfer, asook dat vier van die provinsie se distrikte ‘n slaagsyfer van meer as 90% behaal het.

Volgens ‘n plasing op die departement se facebook blad is die Fezile Dabi Distrik nasionaal 2de wat dit die top distrik in die provinsie maak.

Die Vrystaat is in ses sleutelvakke nasionaal eerste, met Fisiese Wetenskap, Tegniese Wiskunde en Geskiedenis wat nasionaal ‘n 2de plek behaal het. Wiskunde het ongelukkig tot 3de posissie nasionaal gedaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×