Die Vrystaat-wetgewer bespreek moontlike Ace-onluste

Die Vrystaatse wetgewer vergader vandag om die moontlikheid van onrus te bespreek wanneer Ace Magashule, voormalige premier, volgende week in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.

Volgens Netwerk 24 het Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, op 19 Julie ‘n versoek aan Sisi Ntombela, huidige premier, gerig,
dat die wetgewer met wetstoepassers in die provinsie moet vergader.

‘n Proaktiewe plan moet bespreek word vir die hantering van potensiële onluste.

Jankielsohn sê, op vandag se vergadering sal die provinsiale polisiebestuur, komiteelede van die departement van polisie, paaie en vervoer, Ntombela, asook leiers van die politieke partye in die Vrystaatse wetgewer teenwoordig wees.

Luister na potgooie hieronder