Die leierskap van die nuutverkose Vrystaatse ANC-jeugliga het bewerings dat hul Provinsiale konferensie, wat onlangs in Bloemfontein gehou is, verdag was – as onwaar bestempel.

SABC News berig die nuwe voorsitter van die provinsiale ANC-jeugliga, Junior Lehlehla, sê prosesse om die 11de provinsiale uitvoerende komitee te verkies, is in lyn met die party se grondwet.

Dit volg op berigte wat beweer dat prosesse oortree is en daar met die lys van afgevaardigdes gepeuter is. Daar is ook vrae geopper aangesien die nuwe leierskap nie vroueverteenwoordiging het nie.

Lehlehla sê hulle sal die dispuutbeslegtingskomitee toelaat om die saak te hanteer, nadat die uittredende ANC-jeugliga-sekretaris ’n brief geskryf het waarin die Nasionale Uitvoerende Komitee gevra word om ondersoek in te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×