Die Vrystaatse ANC trek steeds ‘n sluier van geheimhouding oor hoeveel van sy 30 tweejaarlikse takvergaderings wat teen Saterdag gehou moes word, suksesvol gehou
is, maar dit is vermoedelik nie meer as vyf nie.

Netwerk24 berig voorts ‘n Vrystaatse provinsiale konferensie word vir einde Oktober beplan, en juis daarom moet daar werk van gemaak word om takvergaderings suksesvol te hou.

Sommige ANC-lede meen glo dit lyk asof die Ramaphosa-faksie, onder leiding van Mxolisi Dukwana, nie ‘n konferensie wil hou nie.

Hulle is tans in die Vrystaat aan bewind.

Daar word bespiegel hulle is bang dat die Zuma/Magashule-faksie hulle uit die kussings sal lig.

Intussen is daar ‘n reusestroom navrae oor die leierskapsvoorkeure van die provinsie vir die ANC se nasionale leierskapskonferensie wat van 16 tot 20 Desember in Johannesburg gehou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×