Om die toegang tot ambulanse in die Vrystaat te vergemaklik word inwoners aangemoedig om die Bophelo-toepassing op hul slimfone af te laai.

Volgens die Vrystaatse departement van gesondheid is dit vir alle inwoners se gerief, en voeg by dat jou oproep geregistreer word wanneer jy van die diens gebruik maak.

Die toepassing laat jou ook weet hoe vinnig jy hulp sal ontvang. Die departement voeg by dat die toepassing ‘n belangrike stap in die rigting van die modernisering van gesondheidsorgdienslewering in die provinsie is.

Hierdie toepassing is deel van ‘n breër poging om deur digitale middele die vermoëns van die provinsiale mediese nooddienste (EMS) se inbelsentrum asook algehele gesondheidsorgdienste te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×