Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het die besluit geneem om Gateway-kliniek by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein tydelik te sluit.

Dit is as gevolg van ‘n elektriese fout, die toestand van plafonne en die netheid van die gebou.

Die departement gaan die kliniek na ‘n permanente struktuur by die hospitaal verskuif, wat 90% voltooi is.

Departementswoordvoerder Mondli Mvambi sê die departement vra om verskoning vir die ongerief wat deur hierdie sluiting veroorsaak is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×