Die Vrystaatse departement van Landbou beplan om in 2022 die Estina Vrede-plaasprojek aan die regmatige begunstiges te oorhandig

Die Vrystaatse departement van Landbou sê hy beplan om die Estina Vrede-plaasprojek teen Januarie aanstaande jaar aan die regmatige begunstiges te oorhandig.

Dit volg ‘n bevel wat die Vrystaatse hooggeregshof in Januarie 2019 uitgereik het.

Luidens die hofbevel is bepaal dat die begunstiges moet deelneem aan die projek.

Intussen is 65 begunstiges van die projek reeds bevestig.

Die landbouprojek van meer as R220-miljoen, is die middelpunt van ‘n korrupsie- en geldwassery-skandaal waarby die Guptas betrek is.

Volgens die departement het hulle ook voldoen aan die voorskrifte van die Openbare Beskermer se verslag en formeel
om verskoning gevra vir vertragings.

‘n Mentor vir die projek moet egter nog aangestel word.

Luister na potgooie hieronder