Vrystaatse gesondheids-departement hou vol: “regte protokol word gevolg”.

 Vrystaatse gesondheids-departement hou vol: “regte protokol word gevolg”.

Die Vrystaatse gesondheidsdepartement hou vol dat die regte protokol gevolg word by veral die Nasionale Hospitaal wat Covid-19-gevalle betref.

Die woordvoerder van die departement, Mondli Mvambi, het gereageer op bewerings van personeel dat pasiënte wat positief getoets is, by dié hospitaal weggestuur word sonder dat die protokol gevolg word.

Pasiënte word glo nie behandel of in isolasie geplaas nie en van die sterftes nie aangemeld nie.

Netwerk24 berig Mvambi sê die uitvoerende hoof van die hospitaal monitor die uitreiking van die inligting persoonlik en dat gesondheidsinstellings in die Vrystaat daagliks oor hul Covid-19-gevalle aan die provinsiale Covid-19-bestuurspan verslag doen.

LeandreAdmin@