Dingaan Chabalala is as voorlopige dirigent vir die Vrysaatse Jeugorkes en Sinfonietta aangestel.

Volgens die Vrystaatse Simfoniorkes (FSSO) is Chabalala ‘n hoogs-ervare musiek-opvoedkundige en bekwame trompetspeler.

Chabalala het nie net ‘n diepgaande vermoë getoon om musiek te onderrig en studente in koperblaasinstrumente te mentor nie, maar het ook ‘n deurslaggewende rol in vooraanstaande orkeste en groepe gespeel.

Sy pogings het konsekwent ‘n omgewing van kreatiwiteit en uitnemendheid bevorder.

Hy dien tans as die Hoof Uitvoerende Beampte en Artistieke Direkteur van die onlangs-gevestigde Noord-Kaap Simfonieorkes. Hy is ook die koperblaasdosent by die Odeion Skool vir Musiek by die Universiteit van die Vrystaat én dirigent van die Cristates Jeugblaasensemble.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×