Die Vrystaatse “Knockout”-span se stryd teen onwettige mynbou duur voort met dieselfde momentum as vorige weke. Volgens die SAPD dui die suksesse van die Uitklopoperasies op die SAPD se verbintenis tot die handhawing van wet en orde en die beskerming van natuurlike hulpbronne.
Die span het die afgelope week 59 verdagtes, waarvan 57 onwettige immigrante is, in hegtenis geneem vir onder andere sake soos betreding, besit van gouddraende materiaal,besit van koperkabels en onwettige mynbou. Met die groot aantal onwettige immigrante wat tydens die operasie in hegtenis geneem is, word die meeste deur die howe gevonnis en na hul lande teruggeneem.
Die multidissiplinêre operasie gaan voort met behulp van ander rolspelers soos private sekuriteitsmaatskappye.