Die Vrystaatse LUR, Motshidisi Agnes Koloi, wat op aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie tereg staan, sal volgens die ANC vrywillig opsy moet staan.

Dit was ook die geval toe die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, destyds in die omstrede asbesdak-saak aangekla is.

Luidens Netwerk24 is Koloi deur Magashule as burgemeester aangestel, toe hy premier was.

Vusimuzi Rajuili, hoofdirekteur vir menslike nedersettings, en Serake Leeuw, politieke adviseur van die Goudvelde se burgemeester, het Vrydag saam met Koloi in die Kroonstadse landdroshof verskyn.

Hulle het die Moqhaka-munisipaliteit in 2017 na bewering uit R150 000 geswendel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×