Die Vrystaatse departement van onderwys het gesê lyfstraf kan geestelike en fisiese skade by kinders veroorsaak, en is nié die oplossing vir dissiplinêre probleme nie.

Dit volg op beeldmateriaal wat op sosiale media-platforms gesirkuleer is, wat na bewering wys hoe ‘n leerling by die skoolhoof van die Ntsu Secondary School in Bethlehem lyfstraf kry.

Die departement ondersoek die voorval. Dissipline bly primêr die verantwoordelikheid van ouers.

Weens die oënskynlike onwilligheid of versuim om goeie dissipline tuis toe te pas, word dissipline deesdae wêreldwyd maklik aan die onderwysstelsel oorgelaat.

‘n Onderwyseres van Bloemfontein wat in Pole onderwys gee, het gesê die personeel daar moet ook fyn trap oor tugstappe en dissipline.

Waar sy skool gee het die hoof – nogal as ‘n geskenk – regsdekking vir elke onderwyser uitgeneem, sou ouers ‘n klag oor die toepassing van dissipline teen ‘n onderwyser aanhangig maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×