Die Vrystaatse onderwysdepartement het daad by die woord gevoeg oor sy gereedheid vir die nuwe skooljaar.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die LUR vir onderwys, doktor Tate Makgoe, het kort voor binnelandse skole gister hul hekke vir 2023 oopgegooi het, met selfvertroue gesê sy departement is slaggereed en hy verwag geen groot uitdagings wat ‘n suksesvolle eerste skooldag kan kelder nie.

Netwerk24 berig, by monde van doktor Jaco Deacon van Fedsas, die verteenwoordigende organisasie vir skoolbeheerliggame in Suid-Afrika, is amptenare met kontrolelyste na verskeie skole gestuur en is inspeksies by baie skole in die provinsie gedoen.

Deacon het gesê die departement was inderdaad goed op sy pos.

In Bloemfontein is ‘n Heidedalse skool se eerste skooldag ongelukkig deur protesaksie in die woonbuurt versuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×