Talle van Hennenman se spaza-winkels in die Vrystaat het hul veiligheidsondersoeke gedruip.

Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme se Facebook-bladsy deel dat hulle die inspeksies deurlopend saam met ander owerhede uitvoer om produkveiligheid te verseker.

In Hennenman is byna 20 mense in hegtenis geneem, hoofsaaklik vir die oortreding van die immigrasiewet.

Meer as 990 pakkies onwettige sigarette, asook voorskrifmedikasie, is gevind.

Byna 50 bottels onwettige drank is in hul besit gevind, en ’n drankverwante boete is opgelê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×