Die Vrystaatse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n gewapende man wat gisteroggend sy motor langs ‘n bakkie gestop het, met mense wat agter gesit het, en toe op hulle losgebrand het.  Drie mense is dood en twee beseer.  Die motief vir die skietery is nog onbekend.  Volgens berigte was daar ‘n groep van 14 mense, ses mans en agt vroue, wat in ‘n Ford Ranger by ‘n gastehuis in Thaba Nchu stilgehou het.  Die bakkie was besig om een persoon af te laai toe daar op hulle geskiet is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×