Die Vrystaatse polisie het twee polisiebeamptes gearresteer op aanklagte van korrupsie, afpersing, diefstal en regsverydeling.

Hul arrestasie volg nadat bedrog gepleeg is terwyl ‘n saak van seksuele aanranding ondersoek is deur die Mangaung-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe. 

Die verdagtes het reeds voor die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die polisiewoordvoerder brigadier Motantsi Makhele sê die provinsiale kommissaris luitenant-generaal Baile Motswenyane sê korrupsie is ‘n ernstige misdaad en dat alle oortreders voor die gereg gebring sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×