Polisie-lede van verskeie eenhede in die Lejweleputswa Distrik het gistermiddag 14 onwettige immigrante en twee verdagtes vir die besit van Mandrax tablette tydens die ‘n padblokkade op die N1 by Venterburg in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie in die Noord-Vrystaat, Kaptein Stephen Thakeng het in ‘n verklaring gesê die padblokkade is deel van Operasie Shanela wat landwyd gehou word om misdaad te bekamp en oortreders van die wet aan te keer. Thakeng sê 374 voertuie is deursoek tydens die operasie en verskeie boetes vir verkeersoortredinge is ook uitgereik. Sowat 1600 mandrax-tablette en 8kg dagga is by die twee verdagtes gevind. Die sestien verdagtes sal Maandag in die hof op Ventersburg verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×