Die polisie in die Vrystaat het ‘n onverwagse dagga-slag geslaan toe hulle vroeër die week na ‘n ongelukstoneel uitgeroep is.

Lede van die Gariepdam-polisiekantoor het op dagga met ‘n geraamde waarde van 2 miljoen rand afgekom nadat hulle by die ongelukstoneel op die N1 aangekom het waar twee vragmotors gebots het.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomela Kareli, het die een vragmotor van agter in die ander vasgery.

Paramedici was reeds besig om die bestuurder van een van die vragmotors vir ligte beserings te behandel, toe die polisie opdaag.

Die dagga is kort hierna ontdek en ‘n 33-jarige vragmotorbestuurder is in hegetenis geneem.

Hy sal Dinsdag in die Gariepdam-landdroshof verskyn.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×