Ses Vrystaatse-polisievoertuie is in Bloemfontein opgeveil na die polisie glo versuim het om meer as ‘n R1 miljoen aan ‘n kolonel wat onregmatig afgedank is te betaal.

Netwerk24 verneem die voertuie, waaronder ‘n Toyota-minibus, ‘n Volkswagen Vivo, ‘n Nissan Tida en twee Ford Ikon-motors, is vir R441 600 verkoop.

Die veiling volg nadat kolonel Malefane Mokoena, betokke aan die Bloemfonteinse polisie se nooddienste, ‘n arbitrasiebevel bekom het na hy onregmatig afgedank is.

Luidens die bevel was sy afdanking onregverdig en is die polisie gelas om hom weer in sy pos aan te stel en sy salaris terugwerkend van 10 Junie 2019 te betaal.

Die geld is egter volgens Lovius Block-prokureurs se Jannie Keyl nie betaal nie en Mokoena is ook nie in sy pos heraangestel nie.

error: Inhoud is beskerm !!