Die Vrystaatse polisie het suksesvol die uitlewering van twee moord-verdagtes verseker. Na bewering het hulle twee mense verlede jaar Junie by die Maseru-brug toegangspoort vermoor.
Die twee, onderskeidelik 32 en 30 jaar oud, is in Lesotho in hegtenis geneem en is nou na Suid-Afrika teruggebring om geregtigheid in die gesig te staar. Polisie-woordvoerder, Sinah Mpakane, sê in ‘n mediaverklaring dat die twee reeds in die Ladybrand-landdroshof verskyn het, en dat die saak tot volgende week uitgestel is.
Hierdie is die derde suksesvolle uitlewering van verdagtes, wat onder Vrystaatse polisie-ondersoeke, verband hou met ernstige misdade. Mpakane voeg by dit beklemtoon die groeiende samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Lesotho-owerhede in die bekamping van oorgrensmisdaad.