Die Vrystaatse polisiekommissaris het skok uitgespreek oor die moord op ‘n polisievrou van Reitz

Die Vrystaatse polisiekommissaris, Baile Motswenyane het skok uitgespreek oor die moord op ‘n polisievrou van Reitz. Die 32-jarige konstabel het blykbaar haar kollegas gister in die vroeë oggendure gebel en gesê haar vriend rand haar aan. Die polisie het met ‘n soektog begin en die konstabel se liggaam gevind. Motswenyane het polisielede aangemoedig om die polisie se personeelwelstanddiens te nader as hulle verhoudingsprobleme het. Die polisiebeampte se vriend is intussen in hegtenis geneem en sal more in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Luister na potgooie hieronder