Die Vrystaatse premier en polisiehoof vra om verskoning vir optrede by ‘n kerk

Die Vrystaatse premier asook die polisiehoof sal Sondag by die Christian Revival Church, CRC, in Bloemfontein, aan lidmate om verskoning vra nadat lede van die polisie en die weermag verlede Sondag op ‘n byeenkoms toegeslaan het.

Die kerk het in gesprek getree met die premier na die gebeure.

Sello Pietersen, woordvoerder van Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, sê die verduideliking dat dit níé ‘n kerkdiens was waarop toegeslaan is nie, maar wel ‘n byeenkoms van die lidmate om kospakkies bymekaar te sit vir mense in nood in KwaZulu-Natal is aanvaar.

Al die betrokke partye by die insident, wat die Vrystaatse poliekommissaris asook die bestuur van die CRC insluit, sal Sondag om ‘n tafel sit en die pad vorentoe, om voorvalle soos hierdie te verhinder, bespreek.

Luister na potgooie hieronder