Die bewerings van geldoordragte en ander gunste van ’n Vrystaatse paaiekontrakteur aan die Vrystaatse premier Maqueen Letsoha-Mathae en haar gesin deur ’n paaiekontrakteur, Patrick Phuti, uitvoerende hoof van New Beginnings, moet volgens Roy Jankielsohn, leier van die DA Vrystaat, deeglik ondersoek word.

Daar word beweer in ‘n wydverspreide sosialemediaboodskap glo van Patrick Phuti aan die Premier, dat hy ‘n R4,5 miljoen-oorplasing aan die Premier en haar gesin gefasiliteer het deur ‘n gesinsvoertuig, kontantbetalings en vervoer vir ANC-geleenthede deur die ANCWL.

Die EFF het reeds ‘n kriminele saak teen Mathae, en die speaker van die Mangaung-munisipaliteit, Lawrence Mathae, geopen Die klagte sluit geldwassery, korrupsie, rampokkery en bedrog in.

Die Vrystaatse premier, Macqueen Letsoha-Mathae, sê die korrupsiebewerings teen haar is ongegrond berig SABC News.  In ‘n verklaring sê sy, sy het kennis geneem van die uitgelekte boodskappe wat rondte maak en dat sy met haar prokureurs konsulteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×