China het elektrisiteitsopwekkers, wat in die Vrystaat versprei word, aan die Suid-Afrikaanse regering geskenk as deel van samewerkende pogings en die voortdurende uitbreiding van ekonomiese geleenthede.
Volgens die profinsiale regering se plasing op Facebook is die opwekkers in die Vrystaat deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur ontvang.
Die opwekkers sal glo na skole, gesondheidsfasiliteite en regeringsgeboue, veral dié wat deur kragonderbrekings geraak word, versprei word.
Die LUR, Dibolelo Mance, sê hulle is opgewonde en geseënd, want dit is ‘n beduidende donasie wat glo kan help om die uitdagings in die provinsie aan te spreek.
Dienste sal glo betyds gelewer word, sonder onderbrekings.
Die opwekkers sal ook blykbaar kragtekorte hanteer.