Studente wie se ouers saam meer as R600 000 per jaar verdien sal vanjaar nie meer kwalifiseer vir ’n studiebeurs van die Vrystaatse regering nie.
Die woordvoerder van die Vrystaatse premier, Matshediso Setai, het aan Netwerk24 verduidelik dat, behalwe vir die 200 studiebeurse wat die Vrystaatse regering beskikbaar het, potensiële studente moet verstaan dat daar ’n onderskeid is tussen die prysgeld vir die Vrystaat se top 100 matrikulante en die beurse wat die regering aanbied vir sekere rigtings waar die provinsie vaardighede benodig.
Setai het ook Donderdag gedeel dat, alhoewel potensiële studente vir beide die beloning en ’n beurs, kan kwalifiseer, beurse nie toegeken sal word indien die student se ouers meer as die R600 000-kerf saam verdien nie.