Die Vrystaatse rioolaanlegte besoedel die land se water

Daar is geen Vrystaatse munisipaliteit waar rioolaanlegte behoorlik funksioneer nie.

Dit het tot gevolg dat die provinsie, die opvangsgebied van Suid-Afrika se grootste riviere, die land se belangrikste waterbronne besoedel.

Die Vrystaat het vier distriksmunisipaliteite en dan die Mangaung-metro, wat Bloemfontein, asook ‘n aantal kleiner dorpe bedien.

Inwoners, raadslede en aktiviste is dit almal eens dat rioolbesoedeling in al hierdie distriksmunisipaliteite ‘n groot probleem is, en dat daar geen daadwerklike ingryping deur die departement van water en sanitasie is nie.

Ook strafregtelike klagtes loop uit op niks.

Larry Crisp, woordvoerder van die departement water en sanitasie het aan Netwerk gesê dat die departement wel die probleme
opvolg, en riglyne uitreik, wanneer nodig.

Luister na potgooie hieronder