Die Vrystaatse Simfonieorkes verwelkom ‘n nuwe artistieke direkteur

Die Vrystaatse Simfonieorkes, oftewel FSSO, verwelkom na tien jaar ‘n nuwe artistieke direkteur.

Daniel Boico, ‘n Israeliese én Amerikaanse burger, volg vir Alexander Fokkens op.

Frederick Fourie, voorsitter van die FSSO-raad, het aan Netwerk 24 gesê, sterk aansoeke is vir die pos ontvang.

Tydens ‘n keuringsproses het Boico uitgestaan as ‘n kandidaat met ondervinding, asook liefde vir ál die verskillende aspekte wat díé pos behels.

Boico, wat binnekort met ‘n Suid-Afrikaner in die huwelik tree, sê hy het tien jaar gelede verlief geraak op die land.

Sy pos vereis dat hy konsertreekse beplan, gehore help ontwikkel, fondsinsamelings hanteer, uitreikingsprogramme bestuur, en strategieë vir die FSSO se opvoedkundige orkesprogram uitwerk.

Luister na potgooie hieronder