Die Sterkfontein Natuurreservaat en Oord word deur die Vrystaatse Provinsiale Regering besit, en enige bewerings dat die fasiliteit aan ‘n individu of ‘n sekere groep mense behoort, is vals en misleidend.

Dit luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Premier, MaQueen Letsoha-Mathae, nadat ‘n groep van sowat 200 mense, van ‘n politieke organisasie, met geweld die Sterkfonteindam binnegedring het en beweer het dat hulle die regmatige eienaars van die grond is.

Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het ‘n saak van intimidasie en betreding by die Harrismith-polisiestasie teen die genoemde groep geopen.

Volgens die premier is die oproep vir die onwettige besetting van grond, intimidasie en betreding nie net roekeloos nie, maar dat dit ook wydverspreide wetteloosheid aanmoedig.

error: Inhoud is beskerm !!