Die Tshepong-skuiling vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord is amptelik deur die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, in Bohlokong in Bethlehem geopen.
Die doel van hierdie skuiling is om ten alle ure van die dag, elke dag van die week, beskerming en skuiling aan slagoffers van geweldsmisdade, spesifiek geslagsgebaseerde geweld, te bied.
Volgens die premier is die opening van die skuiling ‘n bewys dat hulle op koers is om skuilingdienste aan mishandelde oorlewendes te verskaf, maar die belangrikste is dat hul, hul lewens wil herbou, hul waardigheid herstel en die siklus van geweld breek.