Volgens die Vrystaatse Valke is niemand bo die wet verhewe nie, en dit is bewys toe ‘n lid van die polisie in Odendaalsrus vir die besit van onwettige vuurwapens in hegtenis geneem is.
Free State World berig speurders van die Valke-eenheid in Welkom het inligting ontvang van ‘n man wat ontwettige vuurwapens in sy besit het.
Die Valke het vroeg gisteroggend op die huis toegesak en daar is op twee vuurwapens en rondtes ammunisie beslag gelê.
Die 53-jarige verdagte sal eersdaags in die Odendaalrus-landdroshof verskyn.
Die Vrystaatse hoof van die Valke, general major Mokgadi Bokaba, het die ledewat by die operasie betrokke was, geloof vir hul spoed, en sê die inhegtenisname is ‘n bewys van hul toewyding om misdaad uit te roei, selfs binne hul geledere.