Die Valke in die Vrystaat het drie mans in hegtenis geneem vir die beweerde besit van onwettige, ongeslypte diamante. Valke-woordvoerder, luitenant Zweli Mohobeleli, sê die
die inhegtenisnemings volg nadat inligting ontvang is oor moontlike diamantsmokkelary.

Die verdagtes is later by die Goldfields Mall in Welkom vasgetrek. Daar is op ses ongeslypte diamante beslag gelê, wat in die voertuig was, waarvan die verdagtes die insittendes was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×