Die jaarlikse liefdadigheidsgholftoernooi van die Vrystaatse Wetgewer is by die Bloemfontein-gholfbaan gehou.
Die opbrengs van die gholftoernooi sal aan die nie-winsgewende organisasie, Bafeng Lerato-sentrum gaan, wat daartoe toegewy is om mishandelde, verlate, verwaarloosde, wees en kwesbare kinders van liefde en ondersteuning te voorsien.
Central News berig die gholftoernooi is ‘n voorlooper vir vandag se provinsiale rede. Hulle berig verder dat voorbereiding goed aan die gang is, met Premier MaQueen Letsoha-Mathae wat haar toespraak gaan lewer.
Die rede sal na verwagting die provinsiale regering se prioriteite vir die komende jaar uiteensit, met die fokus op ekonomiese ontwikkeling, infrastruktuur en maatskaplike welsyn.