Die Verenigde State het ’n uitvoerende bevel onderteken wat die hervestiging van Afrikaner-vlugtelinge wil bevorder, maar mense moet in ag neem die proses is nie so eenvoudig soos dit dalk mag klink nie.

Rosestad-nuus het vroeër berig dat die president van die Sakekamer, Niel Diamond, sê die meer as 20 000 Afrikaners wat tans navraag doen oor vlugtelingstatus, te veel is vir die Sakekamer om te hanteer.

News24 berig dat vlugtelinge volgens Amerikaanse wet moet bewys dat hulle vrees vir vervolging het weens ras, godsdiens of politieke opinies.

Die proses het regsimplikasies, en vlugtelinge moet ná ’n jaar aansoek doen vir ’n Groenkaart.

’n Groot beperking is reis na Suid-Afrika, wat moontlik hul status in die VSA kan beëindig.

Maroela Media voeg by dat vlugtelingstatus nie verwar moet word met burgerskap nie.

Die vlugtelingsplan het verskeie beperkings op werk, reis en verblyf wat enige tyd uitgefaseer kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×